Leserslens Oktober 2023 Print E-mail
News - Rubrieke
Friday, 20 October 2023 08:00
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Maak toe jou oë; maak ’n wens en blaas dié saadjies in die lug in
Foto: Emma Koekemoer


Michelle Esterhuyse-Broekman se amarillis blom in volle glorie


Albert Bester het ’n stinkgogga op ’n laventelblom raakgesien


Corrie en Lana Vermaak van Rayton wonder wat dié vreemde blom in hulle tuin is


Laurika van der Linde het dié suikerbekkie op ’n Niobe-protea betrap


Hein de Wet van die Bronberg-bewarea op Tierpoort wys ’n sonsondergang-toneel met ’n hoëveldse storm wat momentum opbou


“Volmaakte skoonheid,” sê Marinda Smal oor dié bladroos wat oornag oopgegaan het


Donatella Casillo het dié veertjie op Tierpoort bewonder


`Alet Erasmus het die eerste turksvyblomme van die seisoen vroeg in Oktober gesien


’n Dag kan net beter word as jy vroegoggend sulke prag-proteas sien
Foto: Emma Koekemoer


Buks Dom Boer Barnard sê dat sy liewe Kaatjie dié smaaklike, voedsame happie vir hom
as geskenk gebring het


Michelle Louise Burgess Koekemoer wys een van haar Brahma-skouhoenders. Sy het van dié hoenders in sewe verskillende kleure

 

© 2024 Die/The Bronberger