News -
Ons Omgewing
|
Friday, 20 October 2023 08:00 |
Untitled Document
Vriende van verskeie Pretoriase natuurreservate het op 9 September ’n 15,3 km begeleide staptog saam met die Adopt Moreletaspruit Forum aangepak. Stappers het by Moreletakloof byeengekom en het die Moreletaspruit deur voorstede, reservate en onderdeur verskeie brûe tot by die Pioniershuis in Silverton gevolg. Adelene Marais en haar span van natuurbewaring asook Vriende-groepe en vrywilligers het die wandelpad langs die spruit begaanbaar gekry om die avontuur moontlik te maak.
Foto: Vriende van Serene Valley
|
|