Leserslens September 2023 Print E-mail
News - Rubrieke
Thursday, 21 September 2023 14:00
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


“Dit was my uitsig vanoggend op pad werk toe,” sê Mari Dreyer van Zwavelpoort


Lente is in die lug en die bye geniet die papawers se stuifmeel
Foto: `Alet Erasmus


“Die mooi van Augustusmaand,” sê Laurika van der Linde oor dié foto van haar


Albert Bester van Rayton versamel Clivias, selfs dié met ’n ongewone kleur


’n Lepelaar by die gronddam op soek na ’n laaste paar vissies en paddas wat nog na
die winter oor is
Foto: Johan Pretorius


“Inspirasie van die natuur,” sê Willy Wheeler van Cullinan oor dié foto wat hy geneem het


’n Tweespoorpaadjie teen sononder
Foto: Emma Koekemoer


Johan Pretorius het op dié koedoebul in Stillbosch-wildreservaat afgekom


Huibrecht Horn sê dat dié pruimboom op 28 Augustus reeds begin blare maak het en dat die bye kliphard aan die werk was


Kyk net hoe vreedsaam sit dié twee Tierpoortse haantjies langs mekaar
Foto: Donatella Casillo


’n Trompetboom (Tabebuia) kondig luidkeels aan dat die lente hier is
Foto: Naomi Niewoudt


Albert Bester het dié uitdrukking op die Jan Frederik se gesig vasgevang


Die einde van nog ’n dag in dorre Augustus breek aan
Foto: Emma Koekemoer

 

© 2024 Die/The Bronberger