|
|
|
|

|
|
Het jy gehoor? / Have you heard? - Sep2023 |
|
|
|
News -
Het Jy Gehoor
|
|
Thursday, 21 September 2023 14:00 |
Untitled Document

Spookstorie Produksies bied ‘Die-anner-Lewe’ op 14 Oktober aan ten bate van Kungwini Welsyn Organisasie (KWO) se Kersfonds. Die spookstorievertellings is deur Jaco Hough-Coetzee, ingekleur met ou musikale gunstelinge deur die sangpaar Angelique Greffrath en Charl Erasmus. Deure open om 5 nm by KWO op plot 214, Grahamweg, Zwavelpoort. Daar is ’n ete om 6 nm en die vertoning begin om 7 nm. Kaartjies kos R230 en die aandete is ingesluit in die prys. Navrae is by Natalie: 074-566-0005.
~*~

Fijnwyn Innie Lente is op 30 September en 1 Oktober van 10 vm tot 5 nm by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort. Besoekers kan 30 wynlandgoedere se wyne proe en smul aan disse by die kosmark terwyl hulle na optredes van musiekkunstenaars kyk. Kaartjies kos R195 en sluit ’n glas en wynproe in. Daar is ook Fijnwyn in Styl kaartjies wat R650 per persoon vir ’n tafel van ses mense kos. Dit sluit sitplek om ’n voorafbespreekte tafel in ’n Fijnwyn in Styl-tent in en, behalwe vir wynproe, ook ’n piekniekboks met ’n bottel wyn (gedeel deur twee mense). Skakel 082-335-5659 of stuur ’n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. Kaartjies is by iTickets.co.za beskikbaar.
~*~

Marlet Equestrian Centre has a horse auction at @75 Tierpoort on Saturday 21 October from 11 am. Halter-tame horses and horses under saddle of all breeds, ages and sizes are welcome. To book your horses in for auction, contact them at 082-324-4196 or
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~

Die fokus is op opleiding en die nuutste landboutegnologie by die Agrivon Landbou Ekspo, wat van 28 tot 30 September by die Willem Prinsloo Landboumuseum op die ou Bronkhorstspruitpad gehou word. Daar is elke dag gratis lesings wat verskeie onderwerpe dek; ’n diere jeugskou vir die jongspan; diererasuitstallings; ’n bul- en ramveiling; biertent en spitbraai, ’n vlooimark; musiek deur plaaslike kunstenaars; en vermaak vir die hele gesin. Besoek www.agrivon.co.za of bel Andre: 061-628-3956.
~*~

Die Garsie Musiekfees by Hoërskool Garsfontein is van 1 nm tot 10 nm op 21 Oktober. Kunstenaars soos Refentse, Irene-Louise van Wyk, Early B en Spoegwolf gaan optree. Met musiek, kraampies en kindervermaak is daar iets vir die hele gesin. Vat jou kampstoel en kry jou plek naby aan die aksie. Kaartjies vir volwassenes kos R200 en skoliere betaal R100. Feesbokskaartjies kos R300. Skakel 012-998-6096.
~*~

The All White Bubbly Fair is from midday on 30 September at the Fire and Wine Venue, plot 43, Zwavelpoort on the Boschkop Road. This event will showcase some of the finest bubbly and MCC products with food trucks and live music. The dress code is white and no under 18’s are allowed. Tickets are limited and include a complimentary glass of bubbly on arrival. Phone the organizers at 079-881-4920.
~*~

‘Hans Steek die Rubicon Oor’ word om 10 vm op 30 September by Atterbury-teater opgevoer. Die stuk deur Rudie van Rensburg het Charlie Bouguenon in die hoofrol en gaan oor die 90-jarige Hans, wie se kinders uit die buiteland hom teen sy sin by Huis Madeliefie inboender. Hans se rebelsheid het geen keer nie en vinnig is daar groot konsternasie. Huis Madeliefie en sy inwoners word onderstebo gekeer – van protesaksies, daggakoekies en ’n boeremafia tot ontkleedansers. Kaartjies kos R200 tot R220 en is by www.seatme.co.za beskikbaar Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 071-686-7733.
~*~

Die Cullinan Gospelfees begin om 12:30 op 14 Oktober by die Cullinan Biblioteekpark se saal. Kunstenaars wat gaan optree is: Joe Niemand; Pierre van der Westhuizen; Ronell Erasmus; Charlie Dicks; Marius Landman; Willie Botha; Tania Strauss; en Marlene Bezuidenhout. Koskraampies strek van pannekoek, vetkoek, kerrie-en-rys tot worsbroodjies en biltong. Kaartjies kos R200 en is by alle Pick n Pay winkels en by www.webtickets.co.za beskikbaar. Die fees word gereël deur die 50 Plus groep, wat pensioentrekkers van gemeentes in Cullinan en Rayton insluit. Bel Johan Meyer: 062-987-8017 of André Labuschagne: 082-458-8032.
~*~

Die Mega-T Ekspo word van 5 tot 7 Oktober by die KragDag-terrein, Diamantvallei-landgoed, Rhenosterfontein langs die R515 gehou. Die ekspo word aangedryf deur die Padvrag Vereniging. Besoekers kan uitsien na ’n prettige gesinsdag met vragmotors, Amerikaanse ‘Big Rigs’ op uitstalling, kragstryde tussen man en masjien en musiekvertonings by die biertuin. Kaartjies kos R50 aanlyn (www.mega-t.co.za) en R100 by die hek. Kinders onder 18 gaan gratis in. |
|
|