Leserslens Augustus 2023 Print E-mail
News - Rubrieke
Friday, 18 August 2023 08:00
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Sonsondergang by die Cullinan-myn
Foto: Laurika van der Linde


’n Witpenssuikerbekkie sit afgeëts teen die winter se helderblou lig
Foto: Emma Koekemoer


’n Laat-Julie sonop met mistigheid op die kim
Foto: Marinda Smal


’n Sondagoggend-sonsopkoms op Welbekend
Foto: Ronell van der Merwe


Simmentalers in die mis op ’n Klipkop-kleinhoewe
Foto: Hans Frank


Willem Otto het gesien hoe die son deur rookwolke op Donkerhoek sak


“Vroegaand op 24 Julie was dit ek, die fluweelblaar boswilg en die amper-halwe maan. Rustig op ’n klip agter die huis. Voorreg,” sê Esmé Meyer


Die laaste strale van die son weerkaats op ’n treinspoor wat verlate in die naderkomende nag lê
Foto: Emma Koekemoer


“Hoog in die takke” kan van dié skaars-wakker duif gesê word
Foto: Albert Bester


Dit was letterlik yskoud, sê Laurika van der Linde oor dié foto wat sy op 2 Augustus geneem het


Kristen de Klerk het dié sonsondergang by haar huis op Tierpoort bewonder


Die swartkopwielewaal verken ’n aalwyn
Foto: Willem Otto


Carmen Bredenkamp het met haar kamera gereed gesit toe dié bytjie die aalwynblom ontdek


’n Veertjie wat op Tierpoort gevind is staan regop voor die sakkende son
Foto: Donatella Casillo

 

© 2024 Die/The Bronberger