Vroue uit huis in Garsfontein gered |
|
|
News -
Aktueel
|
Friday, 18 August 2023 08:00 |
Untitled Document
Drie Thaise vroue is op 20 Julie uit ’n huis in Garsfontein gered ná lede van die Valke, die polisie se honde-eenheid en die Tshwane-metropolisie op die huis toegeslaan het. In die reddingsproses is drie verdagtes in hegtenis geneem vir moontlike betrokkenheid by mensehandel.
Een van die vroue het uit die huis ontsnap en by die Thaise ambassade aangekom. Volgens woordvoerder vir die Valke, kolonel Katlego Mogale, het die vrou vertel dat sy teen haar sin vir seksuele uitbuiting aangehou is. Die inligting is opgevolg en maatskaplike dienste en wetstoepassers het by die saak betrokke geraak.
Die provinsiale hoof van die Valke in Gauteng, generaal-majoor Ebrahim Kadwa, het die ondersoekspan gelukgewens met hulle goeie werk om die vroue te red en die verdagtes in hegtenis te neem. |
|