News -
Briewe
|
Thursday, 15 June 2023 08:44 |
Untitled Document
Lodewyk Lock van Pretoria:
Goeie dag. Baie jammer oor julle verlies en baie sterkte. Graag verneem ek of julle rekord hou van vorige uitgawes. Het lank terug ’n artikel in een Bronberger-uitgawe gelees van die geskiedenis waarin oor ME Rothmann en die Ossewabrandwag geskryf is.
Is graag op soek daarna. Het daarna uitgevind sy was my oumagrootjie en ek is besig met herkoms van my voorsate.
Dit was daardie spesifieke maand se geskiedenis-artikel oor die Ossewabrandwag en wie prominente figure was in die beweging. Dit het gegaan oor sterk vrouefigure van ons geskiedenis.
Die skrywer MER, Maria Elizabeth (Miemie) Rothmann
Foto: Wikipedia
Ons het Lodewyk laat weet dat hy waarskynlik verwys na die toeka-artikel, ‘Oumatjie Stoffberg begin as 71-jarige en maak ’n groot verskil’, wat in Die Bronberger van Mei 2016 verskyn het. MER, oftewel Maria Elizabeth (Miemie) Rothmann, was ’n Afrikaanse skrywer, vurige stryder vir die bemagtiging van vrouens en pleitbesorger vir armes. Sy was redaktrise van ‘Die Burger’, die enigste vrou op die Carnegie-kommissie, ’n wenner van die Hertzogprys en aktiewe lid van die Nasionale Party van Kaapland. Miemie was ’n entoesiastiese ondersteuner van die Ossewabrandwag en het end-uit lid van dié organisasie gebly. – Red |
|