Was lekker om by jou te leer |
|
|
News -
Briewe
|
Thursday, 18 May 2023 09:07 |
Untitled Document
Annelize Gous via Facebook:
So jammer om te hoor van jou heengaan/afsterwe/dood, Gerhard Kleijn. Dit laat my onwillekeurig wonder watter woord jy as redakteur sou verkies. Wat is die regte manier om te sê dat iemand nie meer op hierdie ondermaanse saam met ons is nie?
Daar is so baie in my alledaagse skryf wat my herinner aan wat jy ons in die nuuskantoor geleer het . . . dat ’n stalletjie ’n plek is waar ’n klein perdjie bly, dat besigheid iets is wat ’n hond agter ’n bos doen en dat ons eerder ‘onderneming’ moet gebruik.
Jy het bankvas agter jou joernaliste gestaan en my beskerm teen Pretoria se ‘mall-mafia’ toe ek per ongeluk die verkeerde sentrum se naam op die voorblad laat pryk het . . . onvergeeflik, ek weet. Maar jy het dit nie so laat voel nie.
Dit was lekker om by jou te leer, en saam met jou te werk. En dit was lekker om te sien hoe jy later in jou lewe nog jou passies kon uitleef en liefde gevind het. Om by mense ’n liefde vir skryf te kweek, lê op nalatenskap-vlak. Dankie vir dit wat jy nagelaat het. Dit leef selfs voort in my kinders
. . . wie lief is vir skryf in skoolkoerante en gedigte. Rus sag, Gerhard. |
Untitled Document
|