Plaasnaam so gebore Print E-mail
News - Briewe
Friday, 21 April 2023 10:48
Untitled Document

François Vermeulen van Pretoria-Noord:
Ons woon in Pretoria-Noord, maar kom gereeld op Cullinan waar eksemplare van Die Bronberger vir ons gehou word. Dankie vir ’n puik tydskrif en ’n groot dankie aan die adverteerders.

Op bladsy 5 van Maart 2023 se Bronberger skryf Isabel Groesbeek oor haar oumagrootjie en op bladsy 6 skryf Greville Sheard dat Lood Pretorius sy oupa was. Majoor Lood Pretorius het die bynaam van “Skote Petoors” gekry, tot sover die geskiedenis. Wat baie tragies is, is dat Eugene Marais by Lood ’n dubbelloop haelgeweer geleen het en homself om die lewe gebring het.

Minder bekend is die oorsprong van die naam Pelindaba. ’n Klompie manne het vergadering gehou om op ’n naam vir die plaas te besluit. Na afloop van die vergadering sou een gesê het: “Indaba phelile”. Dit beteken “Vergadering op (verby)”, en die naam Pelindaba is gebore.

In 1919 het die Kaapse Administrasie die wêreldberoemde, ’n ander majoor Pretorius, as olifantjagter aangestel om die Addo-olifante uit te roei omdat hulle skade op plase aangerig het. Binne 11 maande het Pretorius 120 olifante doodgeskiet en die naam “Skote Petoors” gekry.

Daar het minder as 20 olifante oorgebly waarmee die Addo Nasionale Park tot stand gekom het. Pretorius het deurgaans van Britse dubbelloop jaggewere gebruik gemaak in kaliber 470 en 475, wat ontwerp is vir die jag van gevaarlike wild.

Brief verkort. – Red

 

© 2024 Die/The Bronberger