Angie Kleijn
Al ooit gewonder wanneer mense toiletpapier begin gebruik het? Natuurlik vee mense nog altyd af, maar wanneer is goed soos mieliestronke met papier vervang? Of eerder, met papier wat nie ’n ou koerant is nie. As ’n mens kyk na die malle opgaardery van toiletrolle toe Covid-19 die wêreld getref het, is die vraag dalk: Wanneer het iets weggooibaar iets onontbeerliks geword?
“Gayetty’s Medicated Paper for the Water-Closet”
Foto: Library of Congress
Met die ontstaan van kommersiële toiletpapier was dit iets wat glad nie adverteer kon word nie. Niks onder die belt kon in beskaafde geselskap genoem word nie. Mense was skaam om in ’n apteek – ja, apteek, want dit was ’n medisinale middel – daarvoor te vra.
Gayetty se medisinale papier
Bron: pinterest.com
.
|
’n Eeu van vooruitgang – van mieliestronk
tot toiletpapier
Bron: toiletpaperhistory.net
|
Die eerste moderne toiletpapier is in 1857 deur New Yorkse entrepreneur, Joseph C Gayetty, uitgevind. Dit is gemaak van manillapapier (hennep) wat met ’n aalwyn-jel saggemaak is en is as medisinale of terapeutiese papier in verpakkings met plat velle in, verkoop. Elke pakkie het 500 velletjies in gehad en is vir $.50 verkoop. Boonop is Joseph se naam letterlik dinges gemaak omdat dit op elke vel gedruk is sodat jy kon seker wees jy het die regte produk in die hande.
"John Miller Ltd van Glasgow het ook ‘Purolette’ en ‘Silkine’ papier-handelsmerke vervaardig. Hulle waarborg geen verstopping van dreine of gesondheidsbeserings nie
Bron: wingsandfins.tumblr.com
|
In 1871 het Zeth Wheeler opgerolde en geperforeerde toiletpapier gepatenteer
Bron: pinimg.com
.
.
|
Joseph het aangevoer dat dié papier van hom sere genees en aambeie verhoed. Tog was daar elke nou en dan ’n nare verrassing vir die afveër, omdat splinters tog in sommige velletjies bly vassit het. Terloops, dit is eers in 1935 wat ‘splintervrye’ toiletpapier, gemaak deur Northern Company, die lig (of is dit nou die donker?) gesien het.
Die arme Mary kon nie stilsit in die klas nie en die oorsaak was glo harde toiletpapier
Bron: vintagenewsdaily.com
In 1871 het Zeth Wheeler die eerste opgerolde en geperforeerde toiletpapier gepatenteer. In 1880 het die Britte die Amerikaners begin volg en British Perforated Paper Company het toiletpapier begin produseer. Dié was egter steeds die harde soort individuele velletjies wat in plat kartonhouers verkoop is.
Hulle het ’n mooi huis, Mamma, maar hulle ‘badkamerpapier’ maak seer”
Bron: rebresearch.com
|
Die Northern “bath tissue” was
100% splintervry
Bron: circleofmamas.com
|
In 1879 het twee broers, Clarence en E Irvin Scott, die Scott Paper Company gestig en begin om rolle toiletpapier te maak. Weens die onnoembare aard van hulle produk, wou hulle aanvanklik glad nie hulle naam met die toiletrol laat vereenselwig nie. Die Albany Wrapping Company het hulle eerste rolle bemark en verkoop. In 1902 het hulle die naam Waldorf op die rolle begin gebruik.
ScotTissue en Waldorf se advertensie
Bron: vintagenewsdaily.com
|
“How toilet tissue illness is caused”
Bron: vintagenewsdaily.com
|
Die verleentheid rondom die gebruik van toiletpapier was ’n wêreldwye probleem en niemand wou dit openlik aankoop nie. In 1930 het ’n Duitse papiermaatskappy, genaamd Hakle, ’n slagspreuk uitgedink wat die aankoopproses aansienlik vergemaklik het: “Vra vir ’n rol Hakle en jy hoef nie toiletpapier te sê nie!”
’n Toiletpapierhouer uit Brittanje in die 1890’s
Bron: The Advertising Archives
.
|
Die oorspronklike 1913 ‘Handifold’
toiletpapier-advertensie
Bron: etsy.com
|
Advertensie-veldtogte het al hoe ‘slimmer’ begin raak. Teen die begin van die 20ste eeu is meer huise gebou met spoeltoilette binne-in die huis, wat die outydse ‘kleinhuisie’ buite vervang het. Spoeltoilette is aan die binnenshuise pypstelsel verbind en jy kon nie sommer meer enige mieliestronk in ’n diep, donker gat afgooi nie. Toiletpapier-advertensies het begin spog dat dié produk aanbeveel word deur dokters en loodgieters.
Hoe om jouself en jou gesin vir ’n jaar te beskerm teen onreine lug weens verstopte dreine en die gevolglike olikheid en rekenings van dokters en loodgieters
Bron: lolwot.com
Tog is toiletpapier in die vroeë 1900’s steeds as medisinale produk bemark. Teen 1928 het Hoberg Paper Company iets anders probeer. Hulle het ’n handelsmerk, genaamd Charmin, die lig laat sien en het die prentjie van ’n pragtige, sagte vrou as kenteken gebruik. Die idee was om sagtheid en vroulikheid met die produk te verbind, sodat hulle nie oor toiletpapier se eintlike donker doel hoef te praat nie. Die veldtog was so suksesvol dat Hoberg hulle naam in 1950 na Charmin Paper Company verander het.
Die Charmin-handelsmerk is met die sagtheid van vroue verbind
Bron: Neatorama
|
’n Advertensie vir ‘geperforeerde papier’
uit 1885
Bron: atticpaper.com
|
Vandag leef dié tendens steeds voort en word toiletpapier met alles wat ‘sag’ is verbind. Seker dié dat prentjies van onskuldige hasies en hondjies, wolkies en vlinders steeds op die papier afgedruk word. |