Leserslens Maart 2023 Print E-mail
News - Rubrieke
Thursday, 16 March 2023 10:53
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Mev Spinnekop se baie waardevolle string pêrels, soos deur die lens van Bianca Steyn gesien


Andri Yunnie het dié vreemdsoortige gogga op een van haar tuinrose raakgesien, waar dit vir dae lank vertoef het


Ná ’n lekker bui reën op Elandshoek het Buks Barnard dié foto geneem. Hy sê elke peperkorrel aan die peperboom het vir hom ’n druppel gevang


Toe sy aan die spinnerak raak, verskyn daar skielik hordes van dié goedjies wat vir haar soos blommetjies gelyk het, sê Louisa Marè Pretorius


Met skemering op 14 Februarie het een van die gebied se grondpaaie ’n modderige uitdaging aan motoriste gebied. Antoinette Coetzee het die foto geneem


Donatella Casillo van Tierpoort het die ongewone wolkpatroon bo Eskom se kragstellasies raakgesien


Nog ’n papnat bospad op ’n wildsplaas in die gebied, soos afgeneem deur Emma Koekemoer


’n Uitstappie in die veld het Louise Maré Pretorius op dié merkwaardige verskynsel laat afkom. Uit die lank vergane stomp het ’n swam se sampioenlewe floreer 


Met die baie goeie reëns in Februarie het die afloop uit die Bronberg op plekke in kolkende riviere verander. Engela Botes Hennop het dié foto in Kiepersol Kamp op Zwavelpoort geneem


’n Sonsondergang in die Bronberg-gebied, soos gesien deur die fyn oog van Laurika Van der Linde


Dié jong draakvrug het Chanél Engelbrecht aan haar plant afgeneem ná die mooi
‘draakblom’ verwelk het 


Dié pragtige blom is die voorloper van die draakvrug wat in gewildheid onder fynproewers
in die land toeneem
Foto: Michelle Louise Burgess Koekemoer


Grasieus en sonder enige aanloop styg dié grootringduif op om sy draaie oor die gebied af te lê. Albert Bester was by om dit af te neem


Toegevou in ’n oop vygiekelk is dié ywerige bytjie druk besig om haar taak te verrig. Chanél Engelbrecht het die oomblik vasgevang


Eendeweer of likkewaanweer? Emma Koekemoer het dié ou ewe tuis in ’n nat plaaspaadjie raakgeloop

 

© 2024 Die/The Bronberger