Kabeldiewe baljaar oor beurtkrag |
|
|
News -
Aktueel
|
Thursday, 16 March 2023 10:20 |
Untitled Document
Twee verdagtes is op 23 Februarie deur die Boschkopse polisie vir kabeldiefstal in hegtenis geneem. Dié soort diefstal het in tye van beurtkrag erg in die Boschkop-gebied toegeneem.
Volgens Boschkopse sersant Yeroboam Mbatsane is die verdagtes, in die ouderdom van 30 en 35 jaar, gevang met Transnet-kabels op hulle 1400 Nissan bakkie. Hy sê dat hulle met ’n roetine polisiepatrollie gevang is en by die stasie aangehou is op aanklag van die besit van gesteelde kabels.
Twee verdagtes is vir kabeldiefstal deur die Boschkopse polisie vasgetrek
Foto: Verskaf
Transnet het onlangs gesê dat hulle besorg is oor toenemende vlakke van geweld wat met kabeldiefstal gepaardgaan. Volgens woordvoerder, Mary Papayya, is verskeie Transnet kontrak-sekuriteitsamptenare doodgemaak deur misdadigers wat oorhoofse koperkabels gesteel het. Mary het gesê dat dit ’n onhoudbare situasie is en dat drastiese aksie nodig is.
Marius Bennett, Transnet-vragspoor se sekuriteit en forensiese algemene bestuurder, het gesê dat dié misdadigers die hoogste moontlike straf moet ontvang wanneer hulle in hegtenis geneem word. |
|