News -
Briewe
|
Thursday, 16 March 2023 10:13 |
Untitled Document
Villiera Smith skryf op die Bronnie se Facebook-blad:
Ek wil regtig nie kla nie, en ek het niks teen fietsryers nie, maar Lynnwoodweg-verlenging, uit na die plotte, is al klaar amper onbegaanbaar vir motoriste.
Om uit te draai vir fietsryers en slaggate is al klaar ’n gevaarlike toestand. Is daar nie dalk alternatiewe roetes vir die fietsryers nie, veral op Donderdae?
Theunis Botha van Pretoria antwoord:
Villiera Smith, dankie vir jou vriendelike versoek. Ek is ’n fietsryer en ons het Saterdag die roete met ’n groep gery.
Niemand van ons het geweet hoe die pad daar lyk nie. Die oomblik toe ons daar kom, kon ons nie anders as om met die bergfietse op die teer om die slaggat-gedeelte te gaan nie. Maar nou weet ons om daardie spesifieke deel te vermy.
Vir ons vroeg op Saterdagoggend is daar nie baie opsies om uit te gaan na die Ooste se veiliger paaie as juis met Lynnwoodweg nie. En nou praat ek baie spesifiek van padfietsryers. Maar ek glo hulle sal kennis neem. Ek ry gelukkig nie daar op ’n Donderdag nie. Ons vertrou dit word gou herstel! Nie net vir fietsryers nie, maar veral vir motoriste en swaarvoertuie. Vriendelike groete. |
|