Leserslens Februarie 2023 Print E-mail
News - Rubrieke
Friday, 17 February 2023 11:21
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Die vliegvernuf van dié swartkeelgeelvink en sy verkondiging daarvan, is skitterend deur
Anneline Grobler vasgevang


Soms het die morestond ook silwer in die mond, soos dié foto van Marinda Smal wys


Emma Koekemoer sê oral waar sy gaan, sien sy iets mooi wat vra om afgeneem te word


Die son groet nog ’n mooi dag op die plaas Grootfontein. Heidi-Louise Lotze het die foto geneem


Shadow die sniphond het in die baie warm dae voor die laaste reëns, deeglik afgekoel en sy mens, Emma Koekemoer, het hom afgeneem


’n Bronnie-leser het haar genooi om foto’s van haar sonneblomme te kom neem, sê Laurika Van der Linde. Min het Laurika geweet sy sou haar in ’n ‘sprokieswêreld’ bevind


Christa Human sê dat as sy haar man, Johan, se vrede in een foto kon opsom, dit dié een sou wees wat hy self in Nestpark, Bapsfontein geneem het


Johan Nel het dié treffende foto op ’n stormnag in Swaeltjie geneem


Die besondere blik op Cullinan se myn-afloopdam is deur Leon Kriel vasgevang


Die bladroos blom jaarliks net kortstondig en 'Alet Erasmus was gereed om dié pragvertoon
af te neem


Johann Van der Linde het dié foto van ’n selfvoldane wit werfgans geneem


Hy voel hom bevoorreg om dié uitsig vanaf sy kombuisvenster op Elandshoek te mag geniet,
sê Buks Barnard


Donatella Casillo wys hoe mooi ’n mielieland teen sonsaktyd kan wees

 

© 2024 Die/The Bronberger