Slangvangers staan bont oor nagadders |
|
|
News -
Ons Omgewing
|
Friday, 17 February 2023 11:07 |
Untitled Document
Slangvangers berig dat baie nagadders dié seisoen in tuine en huise in die gebied aangekeer word. Ten spyte van dié slang se naam, is die meeste van hulle helder oordag opgemerk, aangekeer en gevang.
Die nagadder, Causus rhombeatus, word uitgeken aan die kenmerkende donker V-merk op sy kop. Hy verkies klam plekke en spesialiseer in die vreet van paddas. Hy is oor die algemeen nie ’n aggressiewe slang nie, maar sal aanval as hy uitgelok of bedreig word.
Die nagadder
Foto: African Snakebite Institute
Die nagadder, wat gewoonlik so 60 cm lank is, se gifkliere is groot in vergelyking met ander slange van dieselfde grootte. Die gif is sitotoksies, wat erge pyn, swelling en ’n mate van nekrose veroorsaak, maar is gewoonlik nie dodelik vir volwasse mense nie.
Mense word gevra om slangvangers te kontak vir hulp, eerder as om slange voor die voet dood te maak. Daar is ’n hele aantal slangvangers oor die groter gebied ten ooste van Pretoria wat graag help om probleem-slange te hanteer.
- Cullinan en Rayton: Bernard Prinsloo: 082-556-9901; Jaen Thomson: 068-559-4516; Joel van Schalkwyk: 072-601-3782; Willie Britz: 082-870-6494; Willie Strydom: 074-119-7655.
- Bronkhorstspruit: Christo De Klerk: 082-478-4526; Johan Mans: 083-289-1548; Roy Smuts: 060-966-9625.
- Bapsfontein: Conrad Prinsloo: 083-876-7619; Tarry Butcher: 076-300-1810.
- Hoewegebied van Zwavelpoort, Tierpoort, Bashewa, Shere, Tygervallei: Tinus Meyer: 082-569-2044; Ashley Kemp: 073-186-9176; Heinrich Nolte: 082-927-1205; Morne Muller: 082-781-5723.
- Pretoria se oostelike voorstede: Adrian Smith: 072-266-2248; Ashley Kemp: 073-186-9176; Bianca Theron: 071-673-0344; Coenie Oosthuizen: 084-428-1726; Heinrich Nolte: 082-927-1205; Johan Marais: 082-494-2039; Leanne Hezlett: 082-852-2510; Morne Muller: 082-781-5723; Stephan Kruger: 063-698-2240; Tinus Meyer: 082-569-2044; Chanel Serfontein: 081-015-8813.
|
|