News -
Briewe
|
Friday, 17 February 2023 11:00 |
Untitled Document
Hannetjie van Staden van Cullinan:
Ons Voola, die kransduif, is al ouer as sewe jaar. Van piepklein af het ons hom grootgemaak. Hy kom steeds in die huis in vir kos, veral kaas, en as jy buite werk, kom sit hy op jou kop.
Voola, die kransduif, sit op Hannetjie se kop
Hy het al tonne babas hier by my help uitbroei. Baie van sy babas (wat nou groot is) en hulle gesinne bly en broei hier. Voola het nou weer twee babas wat hy grootmaak. Hy slaap by my agterdeur, onderdak, en kan baie stout wees. |
|