News -
Briewe
|
Friday, 17 February 2023 10:59 |
Untitled Document
Charmaine Lourens van Tierpoort:
Ons wil net dankie sê aan elke persoon wat oor die afgelope 10 jaar die Fijnwyn feeste kom ondersteun het en steeds doen.
Ons het ons eerste fees aangepak vol opwinding op 1 Mei 2013 – minwetende of 50 of 500 mense sou kom. Ons was daardie dag oorweldig met 1 000 mense wat kom kyk het waaroor dit gaan.
Dit was duidelik, Pretorianers was op soek na ’n buitelug ondervinding, wat die Kaapse wynlande meestal aangebied het, en hierdie het Pretoria se eie wynfees geword wat selfs Kapenaars kom besoek en rondom beplan.
Ons staan nou 10 jaar later en terugkyk oor hoe ons gegroei het: 32 feeste met meer as 45 000 voete.
Sedert die beginjare het hulle in die Bronnie geadverteer. Kyk gerus na Fijnwyn se advertensie op bl 18 vir meer besonderhede. – Red |
|