News -
Briewe
|
Friday, 20 January 2023 12:44 |
Untitled Document
Linda Labuschagne van Pretoria:
Ek sou graag vanoggend (1 Januarie) met ’n positiewe boodskap wou begin. Ek het myself belowe dat in 2023 gaan ek almal die ‘voordeel van die twyfel’ gee. Dat ek eerder na die goed as die sleg in iemand sal soek.
Maar na gisteraand se vuurwerke in ons area sien ek net geen hoop vir die mensdom nie. As jy geen “compassion” vir diere het nie, is jy gewoon net ’n stuk gemors, en hier in ons area was daar baie van hulle.
Voorspoedige nuwe jaar vir almal wat gisteraand by hulle diere was en hulle veilig gehou het. Mag julle ’n fantastiese 2023 beleef . . . |
|