News -
Briewe
|
Thursday, 15 December 2022 07:41 |
Untitled Document
Louise Smith van Pretoria-Noord:
Baie dankie vir my pragtige pers Bronnie in Oktober. Ek lees met afgryse van die vernietiging van die pragtige herehuis op Donkerhoek en huise op Pienaarspoort. Hulle is plunderaars van die eerste water en ontsien niks en niemand nie. Sterkte aan die inwoners wat deurgeloop het onder hierdie spul deurbringers.
Dankie vir die lekker leesstof uit ‘Toeka se dae’. Ek haal my hoed af vir daardie joernalis met al daardie detail. Voorspoed vorentoe.
Ek wil ook baie dankie sê vir die pragtige November-uitgawe van die Bronnie: Die interessante artikels; mooiste foto’s; en hy ruik soos ’n nuwe boek.
Sterkte aan prof Ray Jansen met sy stryd teen die ietermagog-smokkelhandel. So jammer oor die onwettigheid. Sien uit na die Desember-uitgawe. Sterkte aan die redaksie met die voorbereiding. Julle gaan groot! |
|