’n Wyse besluit om te deel in Kersuitgawe Print E-mail
News - Kommentaar
Thursday, 17 November 2022 14:32
Untitled Document

Ons sien met dankbare afwagting daarna uit om ’n baie spesiale 20ste Kersuitgawe van die Bronnie in Desember die lig te laat sien. Soos met vorige jare wil ons, in die gees van die Kersseisoen, ’n besondere laaste uitgawe in 2022 van Die Bronberger vir ons gewaardeerde lesers en adverteerders opdis.

Die plan is om ons Kersuitgawe met die sluiting van die meeste skole vanaf 14 Desember te versprei. Soos gebruiklik verskyn die eerste uitgawe van 2023 dan eers laat in Januarie. Dit beteken dat adverteerders en lesers se plasings in die Bronnie met die langste ‘leeslewe’ van die jaar sal verskyn.

Munt slaan
Adverteerders kan veral ook uit dié Kersuitgawe munt slaan, omdat dit voor die inkopie-stormloop reeds jou spesiale dienste en ware onder die derduisende lesers in ons gedrukte glanstydskrif en deesdae ook in elektroniese formaat, se aandag sal bring.

Dié spesiale uitgawe bied adverteerders ook die geleentheid om Kers- en Nuwejaarswense aan klante in jou advertensie oor te dra, indien toepaslik veranderde sake-tye en sluitingsdae bekend te maak en bes moontlik dankie te sê vir die ondersteuning wat deur die jaar geniet is.

Ons sien met geesdrif daarna uit om weer interessanthede en wetenswaardighede uit ons gebied en wyer, met die klem op Kersfees en die feesseisoen, in die Bronnie se Kersuitgawe op te dis.

Byderhand
Die verlede het bewys dat die Bronnie se Kersuitgawes telkens baie goed ontvang word deur ons lesers en daarby baie deeglik gelees word. Of daar met Jan Tuisbly se karretjie gery word, of elders vakansie geniet word, leestyd is volop en die Bronnie sal byderhand wees.

Die spertyd vir plekbespreking in vanjaar se Kersuitgawe is op 6 Desember.

Omdat ons in lesers se huise gaan wees as die skole gesluit het, maak ons seker dat advertensies met gebeure, dienste en produkte wat in die vakansieseisoen in hulle omgewing beskikbaar is, deeglik onder die oë kom.

Wees wys
Die wyse ding om te doen sou wees om deel te wees van 2022 se baie besonderse laaste uitgawe. Ons hoor ook graag van lesers wat interessante Kersfees- en vakansiestories het en wat dit met hulle kontreigenote wil deel.

Lesers is veral welkom om hulle Kerswense aan geliefdes, vriende en kennisse in ’n lesersbriefie in die Bronnie oor te dra. Stuur gerus jou briefie per e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Vir jou advertensie kan jy vir Tania by 072-089-0227 bel, of stuur ’n e-pos na  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , of bel ons kantoor by 012-734-0522 of 083-959-1016 of stuur ’n e-pos na  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Vir Bronkhorstspruit, Cullinan en Rayton, kontak Hannes by 072-992-5440. E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

© 2024 Die/The Bronberger