News -
Briewe
|
Thursday, 17 November 2022 14:05 |
Untitled Document
JP Hunt van Rayton:
Ek het Sondag die ondervinding gehad dat die krag na my huis afgegaan het. Dit is gerapporteer en ek het ’n antwoord gekry dat die krag herstel is, maar het steeds geen krag in my huis gehad nie.
Met verdere navraag het ek by ’n assistent-direkteur uitgevind dat die probleem wel aandag geniet, maar dat die afdeling buitengewone hoë klagtes gekry het, weens ’n storm wat Sondagaand in die Rayton/Cullinan gebied gewoed het. Hy het ook genoem dat die afdeling ’n probleem het met brandstof vir hulle voertuie.
Volgens die persoon moet hulle brandstof van “delegated suppliers” verkry en hierdie voorsieners is ongeveer 40 km vanaf Rayton in Bronkhorstspruit of Silverton. Dus moet hulle 80 km ry om brandstof te kry en gevolglik is die voertuig en bestuurder buite aksie vir ongeveer ’n uur!
My krag is uiteindelik Woensdagmiddag herstel, maar ek moes ontslae raak van die vleis en bederfbare produkte in my yskas en vrieskas.
Laat weet asseblief vir u lesers van die probleem wat die verskaffers het met die verkryging van brandstof sodat hulle ook die posisie van die werkers kan verstaan. |
|