News -
Briewe
|
Thursday, 17 November 2022 14:05 |
Untitled Document
Charles Thomson van Boekenhoutskloof:
Om te pomp. Of nie.
En eergister toe is pomp uit. Verby: Soos koekies in ’n . . . En gister ook. En nog ’n pomplose dag lê voor.
Ek praat van water: Waterpomp.
Ander aand toe slaan die weerlig reg langs die buurman se nuwe dam, ’n boekenhout dat daar letterlik net splinters is. So 40 meter van my gat af. Van my boorgat af.
Maar as die weer kom, dan word die boorgat uitgetrek. (Die kabel.) Juis vir skades en so aan. Iewers moes daar ’n vonkie of twee wees wat toe die boorgat besoek het en hom gevind het en dit is hoekom daar nie meer gepomp word nie.
Ai. Afrikaans. Waar jy soooo maklik verstaan word . . .
Brief verkort. – Red |
|