News -
Briewe
|
Thursday, 17 November 2022 14:02 |
Untitled Document
`Alet Erasmus van Kleinfontein:
In Junie het ek ’n eensame aalwyn by die Diamond Hill-tolhek se kantoor in die dorheid sien staan. Die aalwyn was besig om blomkoppe te ontwikkel en ek het ’n foto geneem.
Fotoverhaal van die tolhek-aalwyn
Die bietjie mooi daar waar oënskynlik niks is nie, het my aangegryp en so het ek begin om die kanniedood-aalwyn se ontwikkeling van tyd-tot-tyd af te neem.
Die laaste foto het ek op 19 Oktober geneem. Hier is ’n fotoverhaal van Junie 2022 (links) tot
19 Oktober 2022 (regs) van ‘my’ tolhek-aalwyn. |
|