Nuwe Bronberg-tak vir burgerregte gestig Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 20 October 2022 11:33
Untitled Document

AfriForum het op 30 September aangekondig dat ’n loodskomitee verkies is om ’n splinternuwe Bronberg-tak op die been te bring. Dié tak sluit die volgende gebiede in: Donkerhoek, Rhenosterfontein, Kleinfontein, Boschkop en Tweedracht.

Die loodskomitee bestaan uit Stefan Wiese, voorsitter, Herman Bauling, ondervoorsitter, Robert Hanekom, tesourier, en Tercia Lombard, sekretaris. Hulle is besig met die beplanning van aksies wat hulle in die nabye toekoms van stapel gaan stuur.

“Die Bronberg-tak is gestig om die probleme wat inwoners ervaar, uit die weg te ruim. Die loodskomitee wil graag saam met die gemeenskap aan volhoubare selfdoenprojekte werk. Wanneer die gemeenskap saamstaan en hard werk, kan hulle ’n beter omgewing vir almal skep,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Daar sal vroeg in volgende jaar ’n verkiesing gehou word om die finale bestuur te verkies. 

 

© 2024 Die/The Bronberger