Hendrik Potgieter van Jeffreysbaai:
Die lewe loop baie keer snaakse draaie met ’n mens wat jy nie verwag nie en so kom jy in aanraking met mense wat tot op daardie stadium totaal onbekend aan jou was. Dit was my ondervinding vandag met Die Bronberger.
Ek is besig met navorsing oor Nicolaas Jacobus (Klaas) Smit en een van die bronverwysings het my verwys na ’n artikel wat in Die Bronberger verskyn het. Baie dankie vir die aangehegde artikel waaroor ek navraag gedoen het; ek waardeer.
Ek kyk deur die publikasies wat op julle webtuiste geplaas word en dit is baie goed gedoen. Wel gedaan, hou so aan. Wat veral interessant is, is die afdeling ‘Toeka se Dae’, want dit bevat baie geskiedenis, familiegeskiedenis en genealogiese inligting.
Die argief met artikels in ‘Toeka se Dae’ is ’n wonderlike manier vir die ‘stories’ van ons mense, families en gebeure om behoue te bly en bewaar te word vir die nageslagte. Die artikels is ’n baie goeie balans van goed nagevorsde publikasies deur die oorspronklike skrywers, maar daar is ook sommer net lekker leesstories.
Wys jou nou net hoe klein is die wêreld; ek sien in die artikel wat julle vir my aangeheg het,
verwys julle na ’n persoon as bron. Ek ken hom toevallig persoonlik en hy bly ook hier in
Jeffreysbaai.
Sien verder julle verwys na ’n foto as bron van ‘ggjbay.blogspot’. Dit is die ou ‘blogs’ van die
Jeffreysbaai Genealogie Gesprekgroep (JGG) en ek is die voorsitter. Indien daar dalk van die lesers is wat hulp nodig het met hulle persoonlike familiegeskiedenis en navorsing van hierdie deel van die land, kontak ons gerus:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
Brief verkort. – Red |