News -
Briewe
|
Thursday, 20 October 2022 11:19 |
Untitled Document
Betsie Steyn van Kleinfontein:
Ek wil vir julle baie dankie sê vir die plasing van my sus Deona se beriggie. Ek waardeer dit so baie!
Die skoolvriendekring – almal oudkollegas van Cullinan- en Raytonskool – wat oor die jare bevriend gebly het, het die berig gesien en my gevra om namens hulle vir julle baie dankie te sê.
Interessant: Hulle het almal van haar lewenslange slagspreuk gepraat en wat hulle altyd sal onthou, naamlik: “Gee vir my vandag die blomme terwyl ek nog leef”.
Geluk met julle 20e verjaardag. Mag daar nog vele wees! |
|