Seënwense Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 22 September 2022 09:17
Untitled Document

Louise Smith van Pretoria-Noord:
Baie dankie vir 20 jaar van lekker lees en lag. Ons wens julle voorspoed toe vir die volgende skof van 20 jaar.

Dankie vir die mooi woorde; “Die lewe is ’n vraag en hoe ons leef is die antwoord.”  Pragtige mense wat die kameelperdjie Marvin versorg. Hoop hulle kry hom deurgehaal. Lees met genoegdoening hoe vier transitorowers se turf sit.

Sterkte aan Ray Jansen met sy ietermagog-beskerming. Ons het meer sulke mense nodig in die samelewing. By ‘Toeka se dae’ staan ek absoluut verstom oor die messelaar se seun en die interessante artikel daaroor. Baie dankie vir ons Afrikaanse erfenis – waardering daarvoor.

Sterkte aan die redaksie met die voorbereiding van ons September-uitgawe  . . . 20 jaar . . . Wil gedoen word.

 

© 2024 Die/The Bronberger