Twintig jaar! Dít is hoe lank die Bronnie met die volgende uitgawe in September die pad saam met sy steeds groeiende getal lesers, vriende en getroue adverteerders deur Bronbergland (en deesdae wyer) loop. ’n Bykans ongekende voorreg vir enige onafhanklike publikasie is dié mylpaal: Een waarvoor ons, ons baie dankbaar, erg bevoorreg en geseënd voel. Watter voorreg is dit nie om dié langpad met geesdrif saam met ’n baie spesiale en eiesoortige gemeenskap te kan loop nie . . .
Om dié wonderlike verjaarsdag te vier, beplan ons ’n baie spesiale tydskrif van die volgende Bronberger: ’n Uithaler publikasie waarin ons baie graag so veel as moontlik van ons lesers-vriende en harts-gewaardeerde adverteerders, wat die 20-jaar-pad saam met ons stap, wil verwelkom.
As jy oor die jare heen soms of sporadies in die Bronnie geadverteer het, is September se 20ste verjaardaguitgawe dié een om weer jou gesig, dienste en produkte te wys – en bes moontlik daarvan oortuig te word dat daadwerklike voordeel en voorspoed lê deur ‘sporadies’ met ‘deurlopend’ te vervang. Hierdie uitgawe is ook dié een wat die geleentheid aan ons gereelde adverteerders bied om lesers se lojaliteit vaster te knoop deur meer of ’n groter advertensie as gewoonlik te plaas.
Dit is ook straks daarby die perfekte tyd vir nuwe ondernemings om ’n bewese, suksesvolle advertensie-medium te ontgin: Een wat die aanslae van baie ‘nuwighede’ en uitdagings oor 20 jaar oorleef het om steeds waarde (en voete) na jou onderneming te lok. Eintlik is dit heel eenvoudig: Jy kry blootstelling en ondersteuning omdat ons lesers van hulle ‘eie’ Bronnie hou en dit graag WIL lees.
Ons vorige gedenkuitgawes met die Bronnie se verjaarsdae is oor die jare heen (ja, nou al 20 van hulle!) baie goed ondersteun en baie goed deur ons lesers ontvang. Hierdie lentemaand se Bronnie gaan tradisioneel gepaard met ’n dankie-sê-geskenk van ’n groter druk-oplaag vir groter blootstelling aan ons lewensbloed, ons adverteerders, gepaard. Dit dien ook as uitnodiging om nuwe lesers te bevriend vir die pad vorentoe: ’n Pad wat van meet af aan in nederige vertroue en in hoop gestap word.
Nuwe lesers word daagliks nuwe vriende sedert ons (weens omstandighede) genoop is om nou die Bronnie ook elektronies aan die ‘groter’ wêreld te voorsien – gratis soos ons sedert 2002 onderneem het – en dit steeds doen.
Die dank, die waardering en die voorreg om reeds 20 jaar die Bronnie-pad saam met julle almal te kon stap, help so dikwels om potensiële probleme na oplosbare uitdagings te verflou. Saam met elke leser en adverteerder sien ons uit na ’n werklike merkwaardige verjaar-uitgawe in September en in geloof na ’n goeie pad vorentoe.
Om in ons spesiale gedenkuitgawe te adverteer: Bel Tania: 072-089-0227 of stuur ’n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
; kontak Hannes by 072-992-5440 of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. Skakel ons landlyn by 012-734-0522 of stuur ’n e-pos na
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. |