Transito-rowers se turf sit Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 20 August 2022 05:16
Untitled Document

Vier mans wat vroeg in Januarie 2020 betrokke was by ’n transitoroof op die N4-snelweg tussen Pretoria en Bronkhorstspruit is in Julie tot 30 jaar tronkstraf elk gevonnis. Al vier mans was sekuriteitsamptenare.

In Januarie 2020 het Die Bronberger berig dat die SBV-groep, wat sekuriteitsvoertuie en -dienste voorsien, ’n beloning van R1 miljoen uitgeloof het vir inligting oor dié transito-roof.


Die voertuig wat die rowers gebruik het om die transito-voertuig van die pad af te dwing het aan die brand geslaan en is net daar laat staan
Foto: Verskaf

Volgens hofdokumente van 7 Januarie 2020 het Henrico Fourie (39), Josiah Lucas Maseko (48), Morris Fanie Mbuyani (30) en Lazarus Ntlatleng ’n SBV transito-voertuig, wat in die rigting van Bronkhorstspruit op die N4-snelweg gery het, met plofstof oopgeskiet en die inhoud gesteel.
Valke-woordvoerder, adjudant-offisier Bonnie Nxumalo, het gesê dat Henrico, Morris en Lazarus vir SBV gewerk het, terwyl Josiah ’n vorige werknemer was.

Die Gauteng-Noordse Hooggeregshof het die mans tot 25 jaar vir roof gevonnis, 15 jaar vir die onwettige besit van vuurwapens, 10 jaar vir die oortreding van plofstof-wetgewing en vyf jaar vir die ontwettige besit van ammunisie, wat gelyklopend uitgedien sal word, asook ’n ekstra vyf jaar vir sameswering om ’n misdaad te pleeg

 

© 2024 Die/The Bronberger