Moet gebundel word Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 20 August 2022 05:12
Untitled Document

Gerhard van Zyl van Moreletapark:
Ek lees elke maand Angie Kleijn se bydraes/artikels (eintlik geskiedenisse) oor velerlei onderwerpe met groot belangstelling én vreugde en wonder telkens of dit nie hoog tyd is dat dit gebundel word om vir ’n nóg groter lesertal beskikbaar te wees nie. So, kan of word so iets dalk oorweeg en wat sê ander lesers in hierdie verband?

Dan wil ek net byvoeg, doet so voort, Angie!

Ons het Gerhard laat weet dat ons ’n paar jaar gelede ’n Toeka-boek uitgebring het – ‘Toeka se Dae – Die Karakters’. Enkele eksemplare van dié koffietafelboek is nog beskikbaar. Stuur ’n e-pos na onderstaande adres as jy een wil bestel. Dalk is dit tyd vir ’n nuwe een en dit sal goed wees om belangstelling te toets. Belangstellendes kan ’n e-pos stuur: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . – Red

 

© 2024 Die/The Bronberger