Bronnie verryk en besiel Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 20 August 2022 05:09
Untitled Document

Johann de Bruin van die SP Engelbrecht Museum in Eloffsdal:
Puik! Geen ander woord om hierdie kleinood Bronnies te beskryf nie. Dit verryk en besiel, hou ons ingelig en gestimuleer. Doe zo voort!

Maar help asseblief ook vir ons. Ek bedel vir die kerkmuseum van die Hervormde Kerk. Ons het skenkings nodig van mannekyne: Twee manspoppe (een wat sit en een wat staan); een vrouenspop wat sit; en pruike en baarde vir hulle.

Uitstalkaste sal ook verwelkom word. Het iemand nog die skouerruikertjies wat vrouens in 1980’s gedra het? Of ’n stuk vars roltabak? By voorbaat dank.

Besoek ons museum per afspraak enige dag of tyd. Skakel 082-733-3951 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2024 Die/The Bronberger