Leserslens Julie 2022 Print E-mail
News - Rubrieke
Saturday, 23 July 2022 06:56
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ʼn uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Soms is dit nodig om wakker te wees as jy die natuur se mooi wil aanskou. Corrie Burger van Rayton het dié uitsonderlike vertoning skuins voor 10 nm op 12 Julie vasgevang


Madeliefies bring kleur in dié vaal tyd van die jaar
Foto: Eus de Clerk


Dié foto van Charles Thompson van vreemde wolkformasies oor ’n wye gebied is vroegoggend vanaf Dinokeng – rigting Pretoria – geneem


Die vere maak die voël effe bestand teen die aanslag van die winter: Albert Bester het dié foto van ’n koue kuifkophoutkapper geneem


Nog ’n sonsondergang op Boschkop met ’n belofte van lewe in die droë winterveld
Foto: Cherene Botha


Eerste ryp by Rietvlei Natuurreservaat
Foto: Jan Broos


Ria Pieterse sê sy het net betyds opgekyk om dié toneel met sonsopkoms in Kleinfontein se
omgewing raak te sien


Skemering op Zwavelpoort
Foto: Daleen De Kock


’n Mens sou kon dink dié foto kom uit die verlate winterveld, maar Dolla Norman het dit vlak teen die dorp op Cullinan geneem


Die sakkende son uit ’n ongewone hoek soos deur die lens van Kobus Coetzee gesien


’n Koue wintersoggend in die oopte, soos gesien deur die lens van Emma Koekemoer


Sou ’n mens kon praat van ‘haantjie van die kraan’? Nadine Du Toit het die foto geneem


’n Man is mossie bedoel om alleen te wees in dié bitter koue nie. Gene de Lange het dié
mossiepaar in Shere raakgesien


Die winter word raak uitgebeeld deur dié foto wat deur Nadine du Toit in ons omgewing geneem is


Soos baie van die Bronnie se lesers, maak Julia Roelofse gereeld van die N4 gebruik en selfs daar is die mooi soms te sien


Winterskoonheid te Rietvlei, sê Jan Broos oor dié foto van hom


Vol in die blom: Elaine Groenewald Hope het haar dogter, Claudene, by die vlammende aalwyne in Bashewa afgeneem


Johann van der Linde het dié foto in ’n ‘woud’ in ons gebied geneem


Die ryp het selfs op dié stik hout gelê toe Sumari Stone vroegoggend hulle Donkerhoek-plot se hek gaan oopsluit het


Jan Broos het dié waterbok laatmiddag by Otterbrug in Rietvlei-natuurreservaat gewaar


Sonsondergang gesien vanaf “Islandview Hide” Rietvleidam
Foto: Jan Broos

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger