Het jy gehoor? / Have you heard? - Jul2022 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Saturday, 23 July 2022 06:51
Untitled Document


NG Tygerpoort-gemeente hou op 19 Augustus van 3 nm tot 11 nm ’n Lig en Ritme-fees. Jy kan ’n liggie koop en deelneem aan die aand se groot liggie-fees. Gaan toets jou ritme deur in ’n groep trom te slaan. Die professionele span van Drum Cafe gaan tromsessies aanbied. Rooksein gaan by ’n buitelug verhoog met hulle splinternuwe Afrikaanse musiek optree. Leon Gropp bied vermaak met ’n paar grappies en sy kitaar. Daar gaan ook ’n potjiekosfees wees en verskeie kraampies wat sal sorg vir iets soets, iets nat en iets om aan te peusel. Die kerkterrein is by Henrystraat 51, Shere. Vir meer inligting, skakel 012-809-0107.

~*~


Wet Nose Equestrian Centre is hosting a Western Mounted Games family fun day on 30 July in their indoor arena. Games include hurry scurry, key hole, speed ball, poles II, barrel racing and one stack relay. There will be live entertainment, stalls and prizes up for grabs. The entry fee for the games is R200 and spectators pay R30 entrance. For more information, send a WhatsApp: 082-677-8084.

~*~


’n Inleidingsklas tot tradisionele ystersmedery word op 5 Augustus van 8.30 vm tot 3.30 nm deur staalsmee-kunstenaar, Albert Botha van Rayton, by Oaklaan 103, Cullinan aangebied. Die koste is R950 en sluit koffie en beskuit en ’n ligte middagete in. Bespreek by 066-524-6888 of 071-154-2401.

~*~


Raak kreatief terwyl jy ’n glasie wyn geniet. ‘Sip & Paint” word op 28 Julie van 6 nm tot 9 nm by Flavorville, Bronberg Hub op die hoek van Lynnwoodweg-verlenging en die Boschkoppad aangebied. Die koste is R300 en sluit alle kunsmateriaal en skilderdoek in asook ’n glas wyn. Bespreek by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Klitsgras hou op 30 Julie vanaf 4 nm ’n Vuurfees. Dié jaarlikse gebeurtenis is ’n visuele ondervinding wat jonk en oud sal geniet. Die tromsirkel begin om 6 nm, vuurdansers gaan optree en die groot vuurvertoning is om 8 nm. Toegang is R70 en dit kos R50 om ’n trom vir die aand te huur. Klitsgras is op plot 62 op die hoek van Garstfonteinweg-verlening en Tierpoortweg. Skakel 083-311-0025.

~*~


A ‘Ghost and Gourmet’ evening filled with local ghost stories, demonstrations, a ghost tour of the McHardy House museum and a five course gourmet finger-food pairing takes place on 5 August at Ya-Ya’s Warehouse, 103 Oak Avenue, Cullinan. The food is prepared by renowned food artist, Lientjie Wessels, and paired by the secret sommelier. The ghost expert is Mark Rose-Christie from Mystery Ghost Productions. Tickets cost R680. Book at Maudie: 071-154-2401.

~*~


Stef Bos stel later vanjaar ’n nuwe album met die naam ‘Bitterlief’ vry in die Lae Lande. Voor die tyd voer hy van die liedjies op dié album op in ’n toer deur Suid-Afrika. ‘Bitterlief’ is die lewensvisie van ’n 60 jarige wat jonger in sy kop is as ooit. Hy tree op 13 Augustus om 7 nm en 14 Augustus om
3 nm op by Atterbury-teater. Kaartjies kos R250. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.

~*~


The Miss Scholar to Queen competition is from 9.30 am on 20 August to 3.30 pm on 21 August at Mooibosch, plot 366, Mooiplaats. During this two-day beauty pageant there will be special awards: Miss photogenic; top model; public choice; directors choice; debutant; best-dressed interview outfit, top model and evening wear; and best transformation from scholar to queen. For more information: www.scholartoqueen.co.za or 066-249-3273.

~*~


’n Heuningwyn bekendstelling word op 29 Julie om 6 nm vir 6.30 nm by @Joe-Li Koffiewinkel op die Diamantvallei-landgoed, Rhenosterfontein (R515-pad) gehou. Toegang is R250 en dit sluit wynproe en ’n ligte ete in. Bespreek by Joelize: 076-157-4982.

~*~


A Victorian ‘Vintage and Wine’ high tea will be held on Saturday 20 August from 9 am to 4 pm at 103 Oak Avenue, Cullinan. You can expect Victorian shenanigans, Victorian lawn croquet (R40), exhibits of high-end antiques, vintage and collectables, wine and gin tasting. The dress code is white or Victorian and there will be parking for vintage motorcars and motorcycles. The VIP package is R550 and includes wine and gin tasting as well as traditional teas, homemade lemonade, traditional finger sandwiches, scones, cakes, tarts, pastries, fruit and cheese, oysters and bubbly, and sweet treats. There is also a traditional Victorian high tea package at R380. Entrance is R20 and includes a tour of the McHardy House museum. Book at Maudie: 071-154-2401.

~*~


Bok van Blerk tree op 28 Julie om 9 nm op by Padstal en dit kos R100 vir toegang. Steve Hofmeyr tree op 30 Julie op en kaartjies vir sy vertoning kos ook R100. Kaartjies kan vooraf bespreek word by Quicket of is beskikbaar by die deur. Padstal is by The Highwaystraat 265, Equestria. Skakel
061-680-3388.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger