Tierpoortse ‘Mafia’ kom byeen Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 23 July 2022 06:50
Untitled Document

Die Tierpoortse ‘Mafia’ het op 1 Junie 2022 rondom ’n knetterende vuurtjie by Thulani in Tierpoortweg byeengekom.


Lettie van Tonder en Magriet O’Neill geniet die domino’s

Die komitee, onder leiding van Jouline Botha, het die saal treffend in swart en wit versier, met strikdas-servette en kaktusrangskikkings om die tema uit te beeld.


Doreen Fourie en Rina Snyman

Na die gebruiklike verwelkoming met ’n warm appel-speserydrankie, kon die seniors, in Mafia-styl aangetrek, besluit waar hulle wou deelneem aan die verskeie kaart- en bordspele tot hulle beskikking. Onder groot gelag en gesels is ’n goeie uur verwyl met entoesiastiese deelname.


Coen en Dalene Verhoop met Paddy de Jager

Gasvrou, Marinza Herselman, en bestuurder, David Lawrence, het die komitee ’n blaaskans gegun deur die Italiaanse geregte vir die gaste voor te berei. Die spyskaart het bestaan uit hoender lasagne, broodrolletjies en oond-gebakte groente met ’n sagopoeding as nagereg.


Faan Pieterse en Dirk Maree in gesellige luim

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger