Skoenprojek tree uit ongewone oord na vore Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 23 July 2022 06:48
Untitled Document

Veilige gesondheidsorg verbruiksgoedere, insluitende drupbuise en -sakke, word deesdae gebruik om skoolskoene van herwinde polivinielchloried te maak.

Twintig hospitale in die Netcare Groep neem deel aan die My Walk-projek en Pretoria Oos-hospitaal was een van die toppresteerders in dié groep se interne My Walk “Step into Greatness” veldtog, waaraan hospitale, mediese en tandheelkunde sentrums en die Netcare 911 nooddienste-basisse deelgeneem het.


Die Voetspore-span, van links na regs, Francois Marais, Johan en Nina Badenhorst by Netcare Pretoria Oos-hospitaal se veiligheid, gesondheid en omgewingsbestuurder, Christine Pienaar, verpleegbestuurder, Erna Visagie en die hospitaal se algemene bestuurder, Pieter Louw
Foto: Verskaf

Die span van die televisie-reisprogram, ‘Voetspore’, het onlangs 250 pare van dié skoolskoene van Netcare Pretoria Oos-hospitaal ontvang. Hulle gaan die skoene later vanjaar by die kinders van die Riemvasmaak-gemeenskap in die Noord-Kaap aflaai.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger