Chantoné word ’n filmster Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 23 July 2022 06:48
Untitled Document

Chantoné Buckle is Laerskool Witpoort se eie filmster. Sy is in die Speeltoneel-projek gekies om in ’n kortfilm op te tree, wat in die skoolvakansie op 29 en 30 Junie opgeneem is.

Speeltoneel is ’n geleentheid-gedrewe dramaprojek, ’n eerste in sy soort, wat kleuters, laerskool- en hoërskoolkinders die kans gee om op nasionale televisie in ’n dramastuk te verskyn.

Dramaliefhebbers en sangers kry hier die kans om saam met bekendes soos Albert Maritz, Vilje Maritz, Desiré Gardner en Izak Davel in ’n kortfilm op te tree.


Chantoné Buckle en Isak Davel

Kandidate neem deel aan ‘Fotofokus’ of ‘Wysneusies’ en suksesvolle deelnemers word dan na oudisies uitgenooi.

Diegene wat ná die oudisies kwalifiseer, voltooi ’n vier-maande-kursus. Dié aanlynklasse word deur Desiré Gardner, Izak Davel en Vilje Maritz aangebied. Daar is ook elke maand in dié tydperk ’n werkswinkel met ’n uitgesoekte mentor.

Chantoné speel die karakter van Madelein in haar kortfilm, wat later op Via KykNET uitgesaai gaan word. Dié karaktertjie het ’n sagte hart, maar bring ook humor na die stuk. Izak Davel speel saam met haar.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger