Makietie met mampoer weer op Willem se werf gevier Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 23 July 2022 06:47
Untitled Document

Groot makietie is weer gehou op Willem Wragtag se werf. Vir die eerste keer sedert die inperkings was daar op 2 Julie ’n mampoerfees by die Willem Prinsloo-Landboumuseum.

Die nasionale mampoerkampioenskap-prysuitdeling is gehou en besoekers kon heerlike kos, soos pap en kaiings, geniet, Tant Miertjie se restaurant en die biertuin besoek en bowenal – mampoer proe.


Besoekers span uit terwyl veteraan trekkers verbyry
Foto: Verskaf

Die gehoor kon saam met kunstenaars soos Tommy Dell, Barbra Ray, Pieter Koen, Hunter en Ryanna sing. Daar was ’n uitstalling van veteraan trekkers en enjins, ’n veteraan-motorsuitstalling, ossewa-, kameel- en ponieritte, boeresport, ’n sweepklap-kompetisie en meer as ’n honderd kraampies.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger