Ys en skaatse van babadae af haar kos Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 23 July 2022 06:46
Untitled Document

Koue, ys en ysskaatse loop deur Elmary Coetzee van Rooikopjes se bloed. Sy het as ‘n peuter van 24 maande begin skaats en vandag, op tien jaar, wink die internasionale arena vir haar.

Elmary, ’n graad vier leerling van Laerskool Rayton en haar sussie Taria, ’n graad een leerling, se oë gaan elke Maandag-, Woensdag- en Vrydagoggend om 3:45 vm oop en dan, sonder ’n gekerm of kla, staan hulle op, klim in ma Yolandi se motor om te gaan ysskaats oefen.

Hulle oefen van 5 vm tot 7 vm by ‘The Grove’ se ysskaatsbaan en ry dan terug Rayton toe om die skooldag te begin. Dinsdagmiddae word daar via ‘Zoom’ nog ‘van die ys af” ook geoefen – alles weens die passie vir die sport, sierskaats.


Elmary op die ysskaatsbaan
Foto: Mia Joubert

Elmary skaats vir die Gauteng-Noordse Sierskaatsvereniging en haar afrigters is Yolande en Konrad Giering van Evolution on Ice, wat langer as tien jaar vir Disney on Ice International gewerk het.

Elmary het van 9 tot 10 Mei aan Safsa se nasionale sierskaatskampioenskappe van 2022 deelgeneem en het vyfde in haar afdeling geëindig. Sy het ook gekwalifiseer vir die International Skating Union (ISU) se keuring.

Sy het die geleentheid om Suid-Afrika en die gebied by die ‘Santa-Clause-beker’ in Boedapest vanaf 28 November tot 4 Desember te verteenwoordig.

“Aangesien dit ’n baie duur storie is, is ons afhanklik van borge en hoop ons om pretdae te hou om geld in te samel vir die kompetisie,” sê Yolandi. Diegene wat wil en kan help om dié talentvolle kind in Boedapest te kry, kan Yolandi bel by 082-858-2799 of ’n e-pos stuur na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger