Kragopwekker ontplof in man se gesig Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 23 July 2022 06:43
Untitled Document

’n Kragopwekker het in ’n man van Moreletapark se gesig ontplof toe hy hom met beurtkrag wou aansit. Die man is ernstig beseer, twee voertuie het uitgebrand en sy huis is in die voorval beskadig.

Casper Visser, woordvoerder vir Volunteer Emergency Medical Response Unit (Vemru), wat op
2 Julie op die toneel was, sê dat Vemru ongeveer 11 nm uitgestuur is na ’n huisbrand in Frhenschstraat, Moreletapark. Toe hulle daar aankom was die motorhuis aan die brand.


Die huis waar die kragopwekker ontplof het
Foto: Vemru

Casper sê die huiseienaar het ernstige brandwonde opgedoen en het gevorderde lewensondersteuning van Netcare 911 en Vemru ontvang. Tshwane se brandweer het die vlamme geblus net toe dit uit die motorhuis na die huis begin versprei het. Die SAPD was ook op die toneel.

Die pasiënt is met ernstige brandwonde aan die gesig en ledemate na ’n nabygeleë hospitaal geneem. Hy kon glo ernstiger wonde opgedoen het as hy nie gou in die swembad gespring het om die vlamme te blus nie.

Niemand anders is beseer nie en die res van die gesin en troeteldiere kon van die vlamme af wegkom.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger