Petro Lemmer van Cullinan:
Ons moes dringend plek soek vir twee mense wat nog op die Pienaarspoortplotte agtergebly het – ’n ma van 41 en haar 20-jarige siek seun. Hulle het geen heenkome gehad nie, het ook geen inkomste nie, en ons kon uiteindelik vir hulle ’n kamer kry in Hermanstad by ’n sentrum vir haweloses, Uncle Ben’s Den.
Die plek is op ’n taxi-roete en die seun kan per taxi Steve Biko hospitaal toe gaan vir sy klierkanker behandeling.

Van die verwoesting in Pienaarspoort
Kansa se mense was glo gister daar en het vir hom gesê hy sal binnekort doodgaan, want hy is reeds in stadium vier van Hodgkin se siekte.
Ek is só bekommerd oor die twee. Die nood by daardie sentrum is natuurlik baie groot. Ek probeer warm klere en skoene bymekaar maak vir hulle. Baie beloftes van mense wat sê hulle sal gee, maar min wat dit doen. Die bestuur by die sentrum het gesê hulle sal die twee help om ’n Sassa-pensioen te kry, dan kan hulle minstens vir hulle verblyf betaal.
Lees die berig oor Pienaarspoort hier. Enigiemand wat Petro kan help om warm klere bymekaar te maak, kan ’n WhatsApp stuur: 078-332- 4427. – Red
|