Hy verdien die erkenning Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 23 July 2022 06:38
Untitled Document

Markus Opperman van Cullinan:
‘Oom Hannes grawe waarheid oor oudste boom oop’ in Die Bronberger se Junie-uitgawe: Baie dankie, Bronberger, vir julle puik artikel oor my oupa, Hannes Opperman. Dit het hom groot vreugde verskaf, want hy sê sy groot ideaal is bereik: Dat die inligting en die boom se geskiedenis vir ons nageslag bewaar moet bly.

Hy is skoon aangedaan! Ek het baie by oupa-hulle gekom en hy kon so lekker gesels en baie dinge vertel soos iets wat hy gereeld vir ons jong kinders gesê het – veral as ons oor salarisse gepraat het – dan het hy die volgende vir ons ingeprent:


My oupa, Hannes Opperman

Toe hy as 17-jarige seun by Myrtlepark in Sunnyside begin het, het hy die George Brink-rolbalbane en die tennisbane by Uitspanpark in stand gehou en 13 sjielings en ’n tiekie per dag verdien – in vandag se geld R1,32 en ’n halfsent!

Verder het hy by Colbyn die rol- en tennisbane ook gedoen en swaar miershope ingery om die bane te rol en hard te maak – later het die sementoppervlaktes gekom. Hy sê dit was fisies baie harde werk, maar hy was toe nog jonk en sterk. 

Hy het ons duidelik laat verstaan dat hy sy lewe lank baie hard gewerk het en hoop sy kleinseuns, veral, volg dit na. Dié stukkie inligting is vir ons kosbaar, want oupa was kwaai en het geen luiheid verdra nie en het ons gedurig daaraan herinner. Ons is almal baie trots op oupa en glo hy verdien die erkenning. Baie dankie!

 

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger