Diknek Du Preez Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 23 July 2022 06:36
Untitled Document

André du Preez van Bloubergstrand:
Ek woon in Bloubergstrand maar kuier tans by my seun in Kempton Park. Ons was Woensdag in Cullinan en het die mynbestuurder se huis [McHardy Huismuseum] besoek toe die meisie daar vir ons ’n uitgawe van Die Bronberger gegee het.

Ek het ook met ’n nefie van my gesels en hy het my toe vertel van die artikel oor Diknek Du Preez in Die Bronberger. Is dit moontlik om die artikel vir my te e-pos? Ek is besig met die Du Preez-stamboom en gaan die inligting gebruik as ekstra inligting tot die Du Preez-geskiedenis.

My oupa het by die myn gewerk en met die depressie het hy sy werk by die myn verloor. Die man het sy huis vir hom gegee en die huis is afgebreek en met ’n ossewa na die Springbokvlakte vervoer, waar oupa toe gaan boer het. My oupa en oupagrootjie was Johannes Petrus du Preez gewees.


’n Herbegrafnis van die Du Preez-skelette is gehou by die Du Preezhoek-akker in die historiese Kerkstraat-begraafplaas

Ons het André laat weet dat drie Toeka-se-dae artikels na Diknek Du Preez verwys en het die skakels gestuur sodat hy dit op ons webwerf, www.bronberger.co.za, kan aflaai. Du Preezhoek, tussen die Fonteinepad, Delagoabaai-spoorlyn en Willowweg, is vernoem na Jan (Diknek) du Preez, ’n vroeë intrekker van Pretoria. In Augustus 2019 het ons vertel dat die skelette in die Du Preezhoek-kerkhoffie opgegrawe moes word om vir die Gautrein plek te maak en dat ’n jaar se intensiewe navorsing gewys het dat dié beendere die verhaal vertel van Jan Diknek du Preez en sy nasate, hulle siektes, harde fisiese werk en die ontberings wat pioniers deurgemaak het. – Red

 

© 2024 Die/The Bronberger