Puik artikel Print E-mail
News - Briewe
Monday, 20 June 2022 08:00
Untitled Document

Hennie Heymans van Queenswood:
‘Krygsgevangene wat nie wou terug na Italië, word 102 jaar’ in Die Bronberger se Mei-uitgawe: Wat ’n besondere interessante artikel!

Ek sou dit vreeslik graag in die ‘Nongqai’ wou herpubliseer omdat dit deel is van ons nasionale veiligheidsgeskiedenis. Kolonel Prinsloo is vereer en sy gedrag het homself en Suid-Afrika tot eer gestrek!

Nogmaals baie geluk – puik artikel, goed nagevors!

Moet ons nie bietjie die geskiedenis van die polisiestasies (laat) navors nie? Ek dink aan: Silverton (eers ’n dorp buite Pretoria); Eerste Rust; Boschkop; Cullinan; Welbekend; en Bronkhorstspruit (was eers Erasmus as ek reg onthou).

Ons praat van agtereenvolgende magte, byvoorbeeld die Zarps, SA Constabulary, Transvaal Police, SA Polisie en SA Polisiediens. Hier moet mos ’n rykdom van polisie-geskiedenis wees? Lesers het seker herinneringe van polisie wat te perd en per motorfiets plase besoek het in Die Bronberger se ontvangsgebied. 

Hier is ook baie geskiedenis oor die twee Anglo-Boere-oorloë en die Tweede Wêreldoorlog. Watter groot misdade het hier plaasgevind? Ek dink aan André Stander en sy maat wat uit Zonderwater ontsnap het. Hoe het Zonderwater sy naam gekry? Ek het ’n storie gehoor dat hulle daar drank gestook en verkoop het – maar “zonder water”.

Ons het Hennie laat weet dat hy die artikel kan gebruik met erkenning aan Die Bronberger. Lesers is welkom om ons te kontak as hulle meer inligting oor die polisiestasies in die gebied het. Skakel 012-734-0522 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . – Red

 

© 2024 Die/The Bronberger