Tydskrif van veelsydigheid Print E-mail
News - Briewe
Monday, 20 June 2022 07:57
Untitled Document

Gloria Louw van Cullinan:
As jy nou ’n tydskrif van veelsydigheid wil lees, maak dit beslis Die Bronberger! Wat ’n uitsonderlike ‘Kommentaar’ met geen afbrekende woorde om te na te kom nie, maar rose-ruikers om aan te prys en pendorings om misnoeë uit te spreek.

Julle adverteerders: Onlangs het ’n waterpyp by ons gelek. Johan van Noodkreet Loodgieters het dit met groot vernuf binne ’n japtrap herstel. Nie net is hy uiters bekwaam nie, maar ook baie vriendelik en raai wat . . . ná sy arbeid was alles silwerskoon en netjies! ’n Jong man wat nog trots is op sy handewerk.

Die artikel van ‘Toeka se dae’ van die Italiaanse krygsgevangenes in Zonderwater het my hart geraak en beslis my kennis daaroor verbreed. Cullinan is voorwaar ryk aan geskiedkundige gebeurtenisse.

Die inligting het ek met my kleinkinders gedeel indien hulle dalk ’n taak oor Cullinan se besonderse geskiedenis moet maak. Ek versamel al hierdie artikels wat dien as inligting-boek wat ek met my vriende en familie deel as ons rondry.

Dankie, Bronnie, vir ’n puik tydskrif met ’n voorblad wat altyd die oog vang!

 

© 2024 Die/The Bronberger