News -
Briewe
|
Tuesday, 24 May 2022 08:36 |
Untitled Document
Martin Knoetze van die SA Genealogie-groep:
Ek sien in Die Bronberger dat daar heelwat artikels is oor vroeëre mense, wat hulle gedoen het en soms waar hulle begrawe is met prentjies van grafstene en so aan. Ek het byvoorbeeld na November 2021 gekyk en daar was ook ’n baie oulike artikel in.
Ek behoort aan die SA Genealogie-groep hier in Suid-Afrika. Ek is nie seker of hulle en Die Bronberger inligting kan uitruil oor bogenoemde soort artikels en inligting nie. Indien nie, is dit moontlik dat sulke soort inligting met die groep gedeel kan word?
Ons het Martin laat weet dat hulle welkom is om artikels, met die nodige erkenning aan Die Bronberger, te deel en ’n verwysing by te sit na ons webtuiste, www.bronberger.co.za, waar dit verskyn het. Hulle is ook welkom om vir ons inligting te stuur oor grafte, voorsate en projekte in die Bronberg-gebied. – Red |
Untitled Document
|