News -
Briewe
|
Tuesday, 24 May 2022 08:35 |
Untitled Document
Dr Ernie Jacobson van Faerie Glen:
Ons het onlangs uit Lynnwoodrif na Ruimtesig in Faerie Glen getrek.
Ons sien gereeld twee witkruisarende hier oor die westelike einde van die Bronberg draai en onlangs ook ’n kuiken.
Veral as onweer opsteek benut hulle die lugstrome. Hulle sit dan graag op die radiomaste wes en oos van Ruimtesig. Piet Minnaar wat hier woon noem hulle Aquila en Vera.
Nietemin wonder ek of een van die Bronnie-lesers verder oos weet waar hulle nes is. Hulle kan dalk net so beroemd raak soos die twee in die Magaliesberg by Wonderboom.
Knap 15 jaar gelede nog het Zwavelpoort se witkruisarende op die Elliot-rif gedeelte van die Bronberg, wes van die Zwavelpoort-teerpad, op rotspilare gebroei. Die broeipaar en kuikens is gereeld suid van die Bronberg gesien en selfs vanuit die parkeerterrein van Atterbury Value Mart. Dekade-lange inwoner, Denyse van Hoepen van plot 80, Zwavelpoort, het op navraag gesê dat die witkruisarende met al die bouery in die omgewing verder oos getrek het. “Dit is ’n kakefoniese lawaai. Hier is dansplekke, eetplekke, kerke, skole en vreeslik baie geraas,” het sy gesê. Die broeipaar is deesdae dalk op die Glastonbury-rif van die Bronberg, oos van die Zwavelpoort-teerpad, of op die riwwe op Tierpoort of Klipkop. Lesers kan ons gerus laat weet. – Red |
Untitled Document
|