Leserslens April 2022 Print E-mail
News - Rubrieke
Thursday, 14 April 2022 09:52
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in 'n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Dié tyd van die jaar raak besige bytjies mos ekstra besig om kos vir die nes te vergader
Foto: Emma Koekemoer 


Sodra die rooivink begin vere verloor om ’n vaalvink te word – dink daaraan om skaapvelpantoffels
en woltruie effe na te gaan vir beskikbaarheid, sê Gene de Lange van Shere,
wat dié foto geneem het


Haar kat met meer as nege lewens sorg vir vele prettige foto’s, sê `Alet Erasmus. “Om te dink hy was ’n stukkie verwaarloosde metaal, te koop vir R15 in die tweedehandse winkelvenster. My wederhelfte het hom na ons huis geneem, sy lyfie skoongemaak en geverf en hy het ’n halsbandjie gekry,” sê sy


Dié see van kosmosblomme (“so ver as wat die oog kan sien”) is naby Ekangala, tussen Bronkhorstspruit en Cullinan deur Antoinette Coetzee afgeneem


Die son sak oor Henri Combrink se grond, Nietever op Nooitgedacht


Die sakkende son se skerp strale laat die groen bloekombome in die agtergrond na herfsbome lyk,
sê Albert Bester


As die ander om die eetplek hulle dan soos varke gedra, moet ’n verfynde skaap met mooi tafelmaniere ’n plan maak . . . Die foto is deur Charles Thompson van Boekenhoutskloof geneem


Los my laat ek slaap. . . Dis immers Sondagoggend, sê Eus de Clerk oor die foto van ’n vlermuis wat hom onder hulle tuinsambreel tuisgemaak het


Met sonsondergang op 4 April het Mike Strange dié wolke, wat oor Mooiplaats
gehang het, afgeneem


Dié foto met sy treffende diepte, rustige landelike uitbeelding en kosmosbos in die voorgrond is deur Laurika van der Linde op Witfontein geneem


Dié bruinkopvisvanger wat deur Albert Bester afgeneem is, lyk of hy diep oor iets nadink


Hilda De Bruyn het die laaste sonsondergang in Maart oor Boschkop met dié
treffende foto vasgevang


Johan van der Linde het die treffende foto van ’n muil in die veld op Rooikoppies geneem


Elaine Groenewald Hope het dié foto van haar dogter, Claudine, by die kosmosse op die plaas Grootfontein geneem


Natalse rooipluim gras in die sonsopkoms op Donkerhoek
Foto: Sumari Stone


Dié wattewolke wat die middagson verskans is deur Marinda Smal vasgevang


Dit was 6 vm op ’n oggend laat in Maart toe Ina Kuhn van Kleinfontein deur dié toneel begroet is


Michelle Esterhuyse-Broekman het ’n rooikophoutkapper in haar tuin dopgehou terwyl sy/hy ywerig ’n nesopening in ’n kokosneut-stomp oopgekap het


Johann van der Linde het dié foto van ’n eensame veld-sampioen geneem

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger