Bapsfontein was die tuiste vir die Oosrandse Polo-klub Campbell en Bes Macnab-gedenktoernooi, wat die laaste naweek in Maart gehou is. Ses klubs, 250 perde en 50 spelers het oor drie dae teen mekaar meegeding.
Die klub vier sy 81ste bestaansjaar en bring hulde aan Campbell Macnab en sy vrou Bess, wat die dryfkrag agter dié klub se ontstaan was. Campbell is in 1964 in die ouderdom van 50 jaar oorlede, maar sy vrou Bess was vir 74-jaar by die klub betrokke.

Jimmy Uys en Dane Csezar ding mee
Foto’s: Zeldine Fourie
Die gedenktoernooi se A-afdelingswenner was Verdant Capital met David Evans, Ed Higgenbottam, Dane Csazar en Charlie Dewar
Dieptrap Plaas was die wenner in die B-afdeling met Joshua Spark, Attie van Wyk, Dirkie Uys en Yolandi en Amy van Wyk.
Die wenner van die C-afdeling was Verdant Capital B, bestaande uit Ed Higgenbottam, Dabe Csazar, Inigo Febrel en Paul Cronjé. |