Brawe meerkat bring geluk |
|
|
News -
Ons Mense
|
Thursday, 14 April 2022 09:47 |
Untitled Document
Sikara, Laerskool Witpoort se nuwe gelukbringer, is in Maart aan die kinders bekendgestel. Hy is met ’n helikopter by die skool afgelaai waar ’n stampvol pawiljoen opgewonde kinders en ouers hom ingewag het.
Dié kaalvoet-plaasskool het gedroom oor ’n eie gelukbringer en op ’n meerkat, wat dinamiet in klein pakkies is, besluit – soos Witpoort ook ’n klein skool is, maar vir niks en niemand terugstaan nie.

Sikara het met ’n helikopter opgedaag
Foto: Verskaf
Buiten dat meerkatte gereeld op die skoolterrein gaan kuier, kan baie vergelykings tussen ’n kolonie meerkatte en Witties getref word – hulle is byvoorbeeld getrou aan hulle groep en staan altyd kiertsregop om ver te kan sien.
Die naam ‘Sikara’ beteken ‘braaf’ en dié gelukbringer het ’n spesiale kreet waarmee hy geroep word. |
|