Trappers vat die lang pad Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 14 April 2022 09:46
Untitled Document

Die Stofpadtrappers het die geil kosmosblomme langs die gebied se grondpaaie op 26 Maart geniet. Hulle het by Aroma in Shere weggespring en tot by Broodblik en Koffiepit anderkant Bapsfontein gery. Op pad soontoe het hulle vriende, wat ’n korter rit wou doen, by Urban Fields in Tierpoort gaan haal.


Die Stofpadtrappers omring deur geil kosmosblomme
Foto: Verskaf

Dié trappers is ’n sosiale fietsrygroep wat met hulle bergfietse in die stofpaaie oos van Pretoria ry. Hulle ry so ver as Bapsfontein, Cullinan en Bronkhorstspruit en wag altyd vir stadiger trappers om op te vang. Hulle begin as ’n groep en eindig as ’n groep, so niemand word ooit agtergelaat nie.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger